Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Eksklusief: Ontmoet Namakwaland se 7de Laan-ster 

4 min read

Die 27-jarige Deonay Balie van Steinkopf het onlangs ‘n rol in almal se gunstelingsepie, 7de Laan, losgeslaan. Sy is ‘n transgender vrou en ‘n onderwyser by Laerskool Ferdinand Brecher.


Deonay maak op 18 April haar verskyning as Geneviève in 7de Laan.


  • Hoe het dit alles begin?

Ek was vroeg in November 2016 deur Karin Retief (een van Suid-Afrika se legendariese aktrises, bekend vir haar rolle in Belade vir ‘n Enkeling en Song vir Katryn) opgespoor op Facebook. Karin doen rolbedelings vir 7de Laan en sy was opsoek na ‘n transgender aktrise. Karin het my gevra om ‘n oudisievideo in te stuur en binne ‘n uur het Karin my laat weet ek het die rol in 7de laan as ‘n 34-jarige transgender vrou gekry. Ek sal die karakter as ‘n liefdevolle persoon beskryf wat diep in die harte van kykers sal kryp.

Deonay is ook ‘n kampvegter vir lesbiër-, gay-, biseksuele en transgenderregte. (LGBT)

  • Pas die rol jou soos ‘n handskoen? 

Omdat dit ‘n rol van ‘n transgender vrou is en ek kan relate, voel ek tuis in die karakter, alhoewel sy meer fashion forward is as ek, is sy wel nogsteeds net ‘n vrou en ek voel geeerd om die rol te vertolk. Ek het ook ondek ek is die eerste transgender aktrise in SA. Maar voel baie opgewonde daaroor omdat dit wys transgender vroue is die enigste mense wat hulle eie stories behoorlik kan oordra. Dit het tyd geword dat LGBTI rolle deur LGBTI akteurs en aktrises gespeel moet word. Baie keer word ons stories so verkeerd vertel, maar 7de Laan was baie sensitief met hierdie storielyn.
Kyk: Só kuier sy met die Laners

  • Hoe het die opnames gewerk?

Ek was vir die hele Februarie in JHB opnames van 14 episodes van 7de laan en my eerste verskyning is Dinsdag, 18 April. Sepies word 3 maande voor die tyd geskied.

  • En hoe het jy dit ervaar?

Die eerste dag by die produksie was awsome. Almal is een groot familie en almal is “eg”. Hulle het my met ope arms verwelkom en almal is opgewonde oor die nuwe storielyn. Die skrywers en regiseurs het regtig ‘n goeie werk gedoen met die skep van hierdie karakter en haar storielyn. Ek is ook baie betrokke by haar styl en hulle luister graag na gedagtes en voorstelle om die storie so eg as moontlik te hou. Ek gaan met ‘n redelike paar van die laaners mingle so die kykers moet maar inskakel en dop hou. Die hoogtepunt van hierdie geleentheid is om deel te kan wees van die cast van SA se grootste sepie. Met die land se top akteurs en aktrises te werk en die voorreg te kan hê om met die beste regiseurs soos Alwyn Swart, Denver Vraagom, Christo Davids, Roelien Spruyt en Tenson Hlabanga te kan werk.

Dit is ‘n tydelike rol. Maar Een van die karakters se laaste woorde aan haar is “en jy moet kom kuier”. So wie weet dalk is dit nie die eerste en die laaste van haar nie.


Deonay gee skool by die Laerskool Ferdinand Brecher. 

Op die oomblik is ek gefokus om my onderwysgraad te voltooi en skool te gee by Ferdinand Brecher Laerskool. Ek kan sê ek geniet defnitief die ervaring as aktrise maar dit is baie harde werk. Mense moet nooit die harde werk onderskat wat in so ‘n groot produksie ingaan nie. Maar wie weet wat die toekoms inhou vir my. 7delaan se akteurs laat voel jou glad nie as of jy ‘n ekstra of gaskunstenaar is nie. Hulle is almal mense-mense en glo dat elke gaskunstenaar netso deel van die laan is. Ek voel al reeds deel van die laan en weet dit gaan ‘n tranedal wees wanneer ek terug huistoe moet gaan.

  • Het jy ‘n boodskap vir die jeug wat in ‘n streek groot raak waar hulle anders is en sukkel om hulself te vind?

My boodskap aan die LGBTI gemeenskap is dat alles moontlik is. Ek was veroordeel, verstoot en baie keer beledig deur mense, maar God het groter planne vir my gehad. Ek wil elke LGBTI jongmens aanmoedig dat ons deel moet raak van gesprekke wat lei tot die vertel van ons eie stories. Net ons kan ons stories eg vertel. Deel jou ervaringe met ander en gaan in ope gesprek oor geslag en seksualiteit. Dit is die enigste manier hoe ons mense kan educate. Baie mense is onkundig oor die topic, so ons moet nie net aanneem mense moet verstaan nie. Hulle is baie keer onkundig so ons moet die gesprekke aanwakker.

1 thought on “Eksklusief: Ontmoet Namakwaland se 7de Laan-ster 

Comments are closed.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.