Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Brekende nuus: Nama Khoi se watertoevoer droog op

1 min read
Jou water kan afgesny word weens die skuld van amper ‘n miljard rand.
Nomvula Mokhonyane
Nomvula Mokonyane, minister van water en sanitasie, het Maandagmiddag bevestig dat Nama Khoi een van die munisipaliteite is wie se water gaan opdroog as die munisipaliteit nie gou genoeg met ‘n terugbetalingsplan vorendag kan kom nie.

Jou krane gaan binne die volgende twee weke opdroog.
Dis nou as die Nama Khoi-munisipaliteit nie hul rekening aan die departement van waterwese en sanitasie vroegtydig betaal nie.
Nama Khoi is tans in ‘n regsgeding oor uitstaande skuld. Die bedrag beloop R97 794 551 wat aan die Sedibeng-waterraad betaal moet word.
Nama Khoi het nou tot 8 Desember om reëlings met die departement te tref, anders sal die water afgesny word, het minister Nomvula Mokonyane vanmiddag bevestig.
Mokonyane het die nasionale tesourie versoek om watertoegewings aan Nama Khoi en nog 29 munisipaliteite op te skort weens die wanbetaling.
Hierdie is ‘n brekende nuusstorie. Hou MyNamakwaland dop vir verdere besonderhede.

  • E-pos jou kommentaar na info@mynamakwaland.co.za en ons plaas dit sodat die owerhede daarvan kan kennis neem.

2 thoughts on “Brekende nuus: Nama Khoi se watertoevoer droog op

  1. Direkte vertaling uit die Engelse breaking nuus. Ek wil baie graag sien hoe breek ‘n mens ‘n nuuskommentaar. Kry asb vir julle die AWS vóór jul weer sulke swak taalgebruik besig.

Comments are closed.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.