Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Een sterf in ongeluk op Oujaarsdag

2 min read

 

Een persoon het op Oujaarsdag gesterf tydens ‘n gru ongeluk.

Die ongeluk het op die Sonop-pad in Nababeep gebeur, waartydens, ‘n onderwyser, Eric Titus en Cruzhane Lombardt(23) van Concordia betrokke was. Lombardt het op die toneel beswyk aan sy beserings.

Die voertuig het vermoedelik vanaf die sandpad geloop omdat die bestuurder beheer daaroor verloor het. Cruzhane was ‘n tydelike werker te Aggeneys volgens sy auntie en blykbaar het Titus op Pofadder skoolgehou.

Vroeer het verskeie bronne vertel dat Titus ook later aan sy beserings beswyk het. Dit was waarom Die Namakwalander in n vroeer uitgawe so berig het. Teen laat Woensdagaand is uiteindelik beevestiging gekry dat Titus nog lewe en in Kimberley se hospitaal aansterk.

Intussen het ‘n manspersoon ook op Oujaarsnamiddag gesterf. Volgens die polisie was dit waarskynlik weens natuurlike oorsake. Sy lyk was op Sondag gekry waar hy doodgelê het. Die Namakwalander het uitgevind dat dit ene Bennie van Okiep was. Volgens die plaaslike inwoners het hy gereeld in die midde-dorp van Springbok gedraal. Sy slaapplek was soms by die Shell garage of die plaaslike polisie-stasie, waar hy blykbaar loswerkies gedoen het

Volgens ‘n petroljoggie was hy die vorige aand daar om slaapplek te soek. Omdat hy nie vir Bennie n kombers gehad het nie, was hy daar weg…moontlik na die polisie-stasie, het die joggie vertel. Blykbaar het Bennie hierdie aand ook van ‘n pyn gekla. Die volgende dag was sy lyk naby die Kokerboomsentrum gevind.

Tydens ons ter perse gaan was geen begrafnisreelings van die twee oorledenes bekend nie.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.