Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Rasherrie ontstaan in Springbok oor dokters en slaghuis

2 min read

Die brief wat dr. Calvino Watt in die hande gekry het.

Dr. Calvino Watt

‘n Brief doen die ronde wat talle Namakwalanders warm onder die kraag het.

Die brief het aan die lig gekom nadat dr. Calvino Watt dit in die hande gekry het. Die brief is oënskynlik deur die bestuur van Keursnit-slaghuis in Springbok gestuur aan personeellede. Daarin staan dat siekbriewe van drs. Watt en Bock nie aanvaar sal word as geldige siekbriewe nie.

Dr. Calvino Watt is een van die dokters van die praktyk wie se naam in die brief genoem word.

Die brief wat dr. Calvino Watt in die hande gekry het.

 

Watt het die volgende op Facebook geskryf:

Die brief lui dat hulle werknemers nie van ons dienste gebruik mag maak omdat ons nie pasiënte ondersoek.

Dié tipe onderdrukking van KEURSNIT SLAGHUIS en werkgewers in Springbok oor die algemeen kan nie verder geduld word nie.

Watt het ook gevra vir ‘n boikot van die slaghuis.

Intussen het talle lede van die gemeenskap die voorval as rassisties afgemaak.

WOW !!!!!! Ruik ons Rassisme !!!!???? Drs julle moet dit nie hier laat nie. Vat hierdie mense na die gereg toe !!! En ons ondewrsteun hulle !!!! skryf Christo Present.

Watt het hierop geantwoord: Hierdie dinge gebeur al vanaf ons hier begin het maar ek kan nie langer stil bly vir RASSISME in die dorp! Onderdrukking kan nie langer plaas vind nie en ons laat dit toe!

Lag my klaar… Calvino X. Watt ek kort paar dae af maar ook geld. Kan ons gesels. Lag lekker. Grap net. Regtig, kan mense so laag daal. Julle moet dit nie net los nie. Vat dit verder. Dis sulke aanmerkings wat sal maak dat ons nie meer daar koop nie. As dit die redenasie is…siestog. Ek kan julle waarborg daai mense kry minumim loon of word onderbetaal… het Esbea Nolte geskerts.

Watt se pa, Desmon, het ook geskryf: “Wat verwag julle van die wittes by Keursnit. Hul greed is hul aansporing en ook om geld by wittes te hou. Drs Watt en Bock jul dienste is professioneel en puik en jul menswees en omgee is deel van pakket. Ek wil n beroep op bruines doen bly weg van die rassistiese besighede soos Keursnit . Jy het keuses met jou geld!”

  • MyNamakwaland het Keursnit-slaghuis vir kommentaar genader. Die antwoord was bloot: “Geen kommentaar”.

Wat is jou mening? E-pos info@mynamakwaland.co.za met jou brief en ons plaas dit.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.