Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Slaghuisbaas val twee dokters in omstrede werkersnota aan

2 min read

Dr. Calvino Watt

Dr. Calvino Watt

 

Twee gewilde bruin dokters hoes hard oor n slaghuiseienaar se omstrede brief.

 

In die brief word die dokters, Calvino Watt en Gustav Bock se professionaliteit kwaai onder die vergrootglas geplaas.

Nadat Watt die brief op Face Book geplaas het, die storie het soos n virus op die sosiale netwerke versprei en n algehele boikot teen Keursnit slaghuis word nou bepleit.

 Die eienaardige geveg het die week op Springbok gebeur nadat die slaghuis op die dorp sy Bruin werkers verbied het om twee Bruin dokters te gaan besoek.

In die brief vermaan die eienaar, Hendrik van Zyl, van Keursnit slaghuis sy bruin werkers om nie hul praktyk voortaan te besoek nie. Een reel lui as volg:

“Geen doktersbriewe sal meer aanvaar word van dokters Watt en Bock aangesien hulle afboek sonder om te ondersoek. Dr Watt het gesê:

Hierdie dinge gebeur al vanaf ons hier begin het, maar ek kan nie langer stil bly vir RASSISME in die dorp! Onderdrukking kan nie langer plaasvind nie en ons laat dit toe!”

Desmon Watt, Calvino se pa was baie onsteld en het gevoel dat rassiste in die media ontbloot moet word. Volgens hom is die slaghuis-eienaar te voorskriftelik en is dit n vorm van boelie taktiek.

Verskeie Blanke inwoners het egter groot lof vir die twee dokters en beskou hulle as baie professioneel en van die bestes. So het Davina-Mari Lubbe byvoorbeeld gesê:

“Paar jaar terug kon geen dokter my Hyperemisis gravedarium diagnoseer en dr Bock was die enigste wat kon. Al die ander het nie geweet nie. Die twee dokters is goeie mense. God slaap nie.”

Vir Van Zyl was die gebeure soos n bittet pil om te sluk. Hy was te emosioneel en geskok om oor die voorval te praat. Boonop worstel sy vrou met n ernstige siektestoestand. Hy het baie verleë en omgekrap ons gevra om eerder met die personeel te praat.

Volgens hulle staan hulle bankvas agter Keursnit en Van Zyl.

Van hulle het vertel dat Van Zyl en sy vrou goeie mense met goeie harte is. Hulle gee om vir hulle werkers en is nie soos die ander Blanke base in die dorp nie.

Karin van Wyk het gesê:

“Ek werk al 25 jaar by die Van Zyl’s en hulle is nie rassisties nie. Veral die vrou help ons gereeld finansieel as ons in die nood is. Hendrik hou nie daarvan as ons soms onder mekaar struwelinge het.”

Die personeel is dit eens dat Hendrik wel fouteer het om die twee dokters se name in die brief te noem. Volgens hulle het hy egter glo geen bybedoelings gehad nie.

Die twee dokters het vandag aan Die Burger vertel dat hulle pasiente hulle soms dinge vertel wat daarop dui dat die dorp nog vol rassisme is.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.