Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Twee dames se lewens bedreig weens “HOTNOT”-post op Facebook

3 min read

 

Twee dames vrees vir hul lewens nadat die gewraakte H-woord op FaceBook geplaas was.

Vroeg die week het daar op die FB-muur van Gretchen Botha (53), een van die vieslikste posts verskyn oor Bruin mense verskyn. Hierin sê sy dat Bruines Hotnots is wat nie eens in die Bybel genoem word nie.

En:

“…tog gaan druk julle julle by die witmans en wit vrouens is en trou met die common goed. Want jy moet common wees om met n hotnot te trou.”

Gretchen is van Komi Park in Queenstown en van haar man vervreemd. Volgens haar het sy ook Maandag die vieslike post ontdek,omdat sy blybaar nie die vorige aan op FaceBook was nie. Na die post het strome verbale aanvalle en beledigings teen haar gevolg.

Baie het gesmeek dat sy in haar p##s geskop moet word. Ander her versoek dat sy by die Menseregte Kommissie aangekla word en hulle vir haar geskaam. Selfs die wittes eis haar kop en het laat weet dat hulle skaam is vir haar optrede.

‘n Voormalige kennis, Gerrie Coetzer, was haar dogter se sake-vennoot, maar het daar weggebreek omdat hy nie met haar en die familie kon deel nie. Hyt gesê:

“Die is gevaarlike mense. Sy is n vreeslik mens en n verleentheid vir almal. Ek kan net my kop in skaamte laat sak. Sy het my keer gedreig dat sy may gaan uithaal.”

Intussen het sy vertel dat haar FB account glo gehack was. Sy kon nie verduidelik waarom sy dit nie onmiddellik aangemeld het nie. Of haar rekening dadelik gesluit het nie. Ook wou sy nie verklaar waarom haar profiel vol foto’s(plaasmoorde, ens) is van verregse aard. Sy het bloot vertel dat sy wel van Steve Hofmeyr hou weens sy musiek en saamtrekke. Sy het aan Son gesê:

“Die comments op my post is net so rassisties, maar jy vat nie die mense aan wat dit skryf nie. Vir die mense wat my so kruisig sal ek net voor bid. FB het my Dinsdag kontak oor die post en genoem dat daar van n ander device en nr gebruik gemaak was.”

‘n Kriminoloog, Tony Daniels het onsteld gese dat sy nie moet kanse vat nie want hacking kan getoets word deur middel van coordinates, IP en DNS.

Intussen het Talana van Zyl(Botha se dogter) vertel dat dit rerig nie haar ma was wat die post geplaas het nie.Volgens haar is hulle nie rassiste nie, want “Kleurlinge” het al in hulle familie ingetrou.

Skoonseun, Riaan Holtzausen, het versoek dat die saak eers deeglik ondersoek word voordat sy skoonma(Botha) gekruisig word. Hy glo dat sy skoonma moet “boet” as dit sy is

Intussen vrees n ander Grechen Tanya Botha(41)vir haar lewe oor dieselfde post. Sy woon in die Port Elizabeth omgewing en baie het gedink dat dit sy was wat die post gestuur het. Syt huilend gese:

“My lewe is in gevaar, want ek word op Face Book gedreig. Hulle wil my tong uitsny en doodmaak. Ek kan nie meer nie, maar soek my naam.Botha het my uitgekrui as n kafferboetie toe ek wou weet waarom sy die post geplaas het.”

Volgens Botha(41) is sy blank, maar sal sy nie toelaat dat ander bevolkingsgroepe se beledig en verneder word nie.

Sy is besig om n klag te lê by die Menseregte Kommissie en ook om ‘n beskermingsbevel teen Botha te kry.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.