Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Brekende nuus: Varkpes breek uit in Springbok

1 min read

‘n Ernstige graad varkpes het in Springbok en omliggende gebiede uitgebreek, het die departement van landbou Donderdag bekend gemaak.

Besmette varke is glo van Kimberley na plase rondom Springbok vervoer waar toetse op die varke gedoen is. Daar is toe bewyse van die varkpes gevind.

Wat is varkpes? (As jy vinnig gril, moenie hier kliek nie!)

So lyk die varkpes-virus. Foto: Wikipedia

Die betrokke stam, die Afrika-varkpes (African Swine Fever), is glo so aggressief dat die varke begin doodbloei.

Dringende maatreëls word nou deur die departement in plek geplaas om die varkpes in toom te hou en sodat dit nie verder versprei nie.

Dit is nog onseker hoeveel varke in Namakwaland besmet is, het die Noord-Kaapse Veeartsenydienste gesê.

Daar is ook nog nie bevestig wanneer die toetse uitgevoer is nie en of dit vleisprodukte wat tans op rakke beskikbaar is, raak nie. Dit vat enigiets van tussen 2 en 10 dae voordat die varke kan vrek.

Varkpes versprei deur kontak met besmette varke, bosluise en deur besmette voer, maar mense word nie hierdeur geraak nie.

Boere is gewaarsku om nie varke van onbekende verskaffers te koop nie. Voer moet ook deeglik gekook word voordat dit aan die varke gegee word.

Enige tekens van siekte moet dadelik by die staatsveearts aangemeld word.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.