Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Wat is Afrika-varkpes? (As jy vinnig gril, kyk nou weg)

1 min read

Dié virus het Donderdag in Springbok uitgebreek. Maar moet inwoners bekommerd wees?

Lees hier: Varkpes breek uit in Springbok

Varke, bosvarke en vlakvarke word onder meer geraak, maar omdat dit nie ‘n gebied is wat hoog is in die voorkoms van dié diere nie, kan verspreiding van die virus bekamp word.

Die Afrika-varkpesvirus kan duidelik aan die ore gesien word wanneer rooi bloedvlekke begin verskyn.

Aanvanklik sal varke eers griep opdoen. Dit is nie te verwar met varkgriep wat in mense voorkom nie, en wat ‘n vorm van die influenza-virus is.

Op plekke waar die varke se velle dun is soos agter die ore en onder die pens kan daar na 2 dae tekens begin verskyn van rooi tot pers vlekke – bloed wat na die oppervlak stoot.  Varke sal ook styf teen mekaar lê en bewe en selfs hoes van die koors.

Binne ‘n paar dae kan die varke heeltemal slaapsugtig word en vrek. Hulle bloei inwendig dood.

In minder ernstige gevalle kan die varke erg gewig verloor, velsere kry en longsiektes opdoen.

Die gedeeltes rondom die niere is opgeswel en daar is oral bloed. Die virus veroorsaak dat varke inwendig begin bloei.
Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.