Mon. Sep 23rd, 2019

MyNamakwaland

Dis lekker op die platteland!

Eksman van vrou wat H-woord gebruik distansieer hom

2 min read

“Daar kan ek haar nie help nie, sy het dit oor haarself gebring. My eks dink die wêreld skuld haar.

So het Jannie Botha (56) gereageer toe hy gepols word oor sy vervreemde vrou, Gretchen Botha (53) van Queenstown, se gewraakte rassistiese uitlatings. Verlede week het die vieslikste dinge oor Bruinmense op Gretchen se Face Book muur verskyn. Volgens haar was sy gehack.

Hier noem sy hulle onder andere “Hotnot” wat nie eens in die Bybel se tyd bestaan het nie. Volgens haar het common wittes “coloureds” by swartes gaan maak en dis hoedat hulle ontstaan het.

Jannie en Gretchen is al vir n paar vervreemd van mekaar na n lang huwelik. Hy het vertel dat hy niks met die post te doen het nie, want hy het nie Face Book nie.

“My suster se seun is met n kleurlingvrou getroud. Ek gaan baie na hulle toe om vir naweke daar te slaap. In Fort Beaufort bly n ander wit ou wat ook met n kleurlingvrou getroud is. Ek gaan slaap naweke by hulle ook.”

Hy het ook vertel dat sy hom gelos toe hy op die plaas gaan gewerk het. Sy het hom ook geslaan toe sy hom gelos het. Verder het sy Jannie se naam by vriende sleg gemaak het hy aan Son vertel. Gretchen het vroeër gesê dat Jannie haar vir dertig jaar mishandel het daarom het sy hom gelos.

Volgens Jannie het hy vir haar baie gesê(toe hulle nog saam was) dat haar vingers en tong vinniger is as haar brein. Ook kan niemand met haar stry nie, want sy is nooit verkeerd nie. Sy is altyd reg en jy verkeerd.

Jannie is bewus van die haatspraaksaak wat Sammy Claassen namens die Khoi San Defiance Compaign groep gemaak het. Verder weet hy nie of sy met regse groepe kontak het nie, want hy praat nie meer met haar nie.

Gretchen het gesê dat sy al in Queenstown in die Bruin woonbuurt, Victoria Park, saam met Bruin mense gebly het.Haar jongste dogter, Talana “Lolla” van Zyl(23) het dit bevestig en bygevoeg:

“My ma het nog nooit politieke goed geshare nie…hoekom sal sy rassisties wees as ons saam met kleurlinge in Victoria Park groot geword het.”

Son het vasgestel dat haar FB-profiel vol Bybeltekste, -versies en -images is. Daar is ook images en posters oor Blanke- en plaasmoorde. En n post waar Wessel Basson(ToekomsVONK) vir Ashwin Willemse skerp aanval.

Ook het sy ‘n ander wit dame(met dieselfde naam en van) n “kafferboetie” genoem toe dié haar oor die gewraakte post konfronteer.

• Intussen het iemand glo weer haar Face Book-rekening oopgemaak, maar sy kan glo nie inlog nie om dit te deaktiveer. Blykbaar het haar selfoon glo ook in die tussentyd gecrash.

Kopiereg © MyNamakwaland | Alle regte voorbehou | Newsphere by AF themes.